Releases

Music Videos

Latest Releases

News

Elme Churr wil boodskap van hoop stuur

Elme Churr stuur ’n boodskap van hoop uit met haar splinternuwe enkelsnit “Jy’s Genoeg”.
Elme Churr stuur ’n boodskap van hoop uit met haar splinternuwe enkelsnit “Jy’s Genoeg”. “’n Opregte, opbouende lied wat vertel dat jy as mens genoeg is, met al jou foute en terugslae. Dit handel oor...
18 April 2019
Read More

About me

Elme Churr

Elme Churr is ‘n Suid Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer van Pretoria. Sy het haar Diploma in Musiek by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) in 2007 ontvang, waarna sy vir 7 jaar saam met die Suid Afrikaanse Barnyard Teater groep getoer het. Elme het opgetree in van die Barnyard Teater se grootste en mees suksesvolle produksies soos “Dancing Queen”, “Super Troopers”, Bonfire Hearts”, “Thank you for the Music” en vele meer.  Sy het ook al internasionaal opgetree in Zanzibar en Hong Kong.

Elme het haar solo loopbaan afgeskop kort na haar uittrede uit die Barnyard Teater. Sy het haar eerste album - “Rooiwyn en Liefde”, in 2017 vrygestel. “Rooiwyn en Liefde” spog met van Elme se mooiste liedjies.  Ingesluit op die album is haar enkelsnit “Jy is Alles”, wat opgeneem is, en ook ‘n musiekvideo as prys ingesluit het, toe sy die 2014 Winpompfees Sang Kompetisie gewen het.

Elme het sedertien sielvolle, kommersiële musiek vrygestel en is op ‘n ondekkingsreis waarop sy sorg vir haar beste musiekale avonture. Elme se enkelsnit, “Unbroken Hearts”, was gekies as die temalied vir die Grove Mall se “Ice Spectacular”, waar sy díe liedjie voor duisende toeskouers lewendig opgevoer het. Sy is tans besig om aan haar nuutste album te werk en hoop om die album teen middel 2019 vry te stel. Haar inspirasie kom van ondervindinge, stories en mense wat haar na aan die hart lê. Elme droom van ‘n gesonde, gebalanseerde lewe, van kwaliteit tyd saam met geliefdes, van vriendskappe, om elke oomblik te geniet en die meeste van elke geleentheid te maak. Haar liedjies kom van persoonlike ervaring en vertel ‘n storie waarby haar luisteraars ook aanklank vind.

Elme se liefde vir musiek het op ‘n baie vroeë ouderdom ontstaan. Sy onthou hoe haar pa op Sondae orrel gespeel het en met hoeveel genot haar oupa die mondfluitjie gespeel het. Haar ma was op Universiteit deel van ‘n hele paar sangroepe.

Sy deel ook hoe haar ma haar vertel het dat haar ouma en oupa gereeld by Kerk funksies gesing het. Dus, was musiek nog altyd deel van haar lewe.

Gedurende haar skoolloopbaan het Elme deelgeneem aan die skool se revue en het ook ‘n paar solo optredes gehad. Sy was meer onlangs nog betrokke met korporatiewe funksies en het met verskei handelsmerke gewerk. Sy het al op verskeie televisie programme verskyn as aanbieder of gas en is huidiglik die aanbieder van ‘n unieke Netflix program.

Sy verklap dat sy graag na Indie en Volk musiek luister, lief is vir die buitelug, kuier saam met vriende, ‘n sagte plek het vir diere en dit geniet om fiks te bly en aktief te wees. Haar huidige “go-to” fiksheid oplossing is Body20. Sy is ook ‘n “Doen-dit-self” dame wat lief is vir tuinmaak.

Elme erken dat daar ‘n paar Suid Afrikaanse kunstenaars is wat haar inspireer, APPEL, Laurika Rauch, TWEE en Elvis Blue is slegs ‘n paar kunstenaars saam met wie Elme graag in die toekoms wil werk. Sy bewonder ook die werk van internasionale kunstenaars soos Ed Sheeran, Echosmith en Fastlove. 

Elme het ‘n ongelooflike stem en ‘n borrelende persoonlikheid, wat haar gehoor in vervoering neem met elke optrede. Sy sing in Afrikaans en Engels en al haar optredes word met gemak en passie opgevoer. Sy het ‘n hele paar instrumente baas geraak en speel tot die verbasing en genot van die gehoor, graag kitaar, mondfluitjie, die “ukulele” en die bas drom pedaal wanneer sy optree. Elme is ‘n veelsydige kunstenaar wat met haar bekorende stem en onvergeetlike optredes sorg dat haar ondersteuners bly terugkom vir nog. Elme is hier om te bly en om haar liedjies te luister, is om op reis te gaan saam met hierdie nagtegaal.

Upcoming events

Show list

Want to see where & when I am performing next?

Follow me on facebook for news & updates

Latest News

Follow me on Social Media